Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 08 MAART 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word.

Oudio is ook beskikbaar via die web: www.sarl.org.za; klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (Naam en Roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 52,750, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Bernard Jorgenoen, ZR6AES, is op 1 Maart weens ‘n hartaanval oorlede. Hy was, onder andere, baie behulpsaam aan amateurs, BB-operateurs en trokdrywers om hulle antennas reg in te stel. Weens so vorige, ongewone, ZU1-roepsein het hy vele opeenhopings met DX- en lokale operateurs veroorsaak. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

BACARSPAN MAAK VORDERING MAAR VERTRAAG LANSERING TOT JULIEMAAND

SUMBANDILASAT-INTEGNET-POWERPOINT-AANBIEDING OP DIE RSGB-WEB

EERSTE SARL 5-BAND GG HELE AFRIKA SERTIFIKAAT TOEGEKEN AAN HANS KAPPETIJN, ZS6KR

KLUBS AANGEMOEDIG OM AAN DIE SARL SE PIB-PROGRAM DEEL TE NEEM

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

BACARSPAN MAAK VORDERING MAAR VERTRAAG LANSERING TOT JULIEMAAND

Die BACAR-span het aansienlike vordering tot die eerste lansering in baie jare gamaak. Die grootste hindernis was die koste van helium, van tussen R2000 en R3000, afhangende van die aantal ballonne benodig.

Terwyl helium die veilige gas is, wat sonder ‘n permit gebruiik mag word, is dit swaar en produseer gevolglik nie soveel opligkrag soos waterstof nie. Die gebruik van waterstof is aan streng regulasies onderhewig en word slegs met ‘n permit vir industriële gebruik verkoop.

John Willescroft, ZS6EF, het ondersoek begin doen oor die moontlikheid om waterstof op die lanseringsterrein te produseer en het ‘n prototipe-waterstofgenerator gebou. Voorlopige toetse het groot belofte getoon en ‘n ballon was suksesvol gevul. Hy sal gedurende die volgende 6 weke nog toetse uitvoer.

Met die huidige onstabiele weerstoestande is dit nie wenslik om die lansering voor Junie/Julie uit te voer nie. Met alles in ag geneem is op ‘n lanseringsdatum van 25 Julie 2009 besluit, met ‘n voor-vlug-toets, met al die komponente geďntegreer, op 11 Julie. Hierdie toets sal by die NARC gedoen word en die werklike lansering by die Irene weerstasie.

SUMBANDILASAT-INTEGNET-POWERPOINT-AANBIEDING OP DIE RSGB-WEB

Ken, ZS2KPB, het SARLNUUS ingelig dat die volgende nuusitem (maar in Engels) in die RSGB-nuus ingesluit is: “’n PowerPoint-aanbieding aangaande die Suid-Afrikaanse amateurradiosatelliet wat binne ‘n aantal weke gelanseer sal word, is nou beskikbaar. Dit is ‘n groot dokument, ongeveer 12 megagrepe, maar dit is interessant met ‘n aantal uitstekende foto’s. Die 80-kg-satelliet sluit ‘n AO-51-tipe BHF-op- en UHF-af-herhaler as ‘n sekondęre loonvrag in. Lansering mag so vroeg as die einde van Maart wees. Die webadres is www.amateurradio.org.za/Sumbandila_Intecnet.pdf.

“Soos verlede week aangekondig is die lansering tot Meimaand uitgestel. U kan u internasionale bandwydte spaar aangesien die aanbieding ook plaaslik beskikbaar is. Dit is reeds vir ‘n aantal weke op die SARL-web beskikbaar. Besoek www.sarl.org.za, kies ‘publications’ en dan armi”.

Dankie aan Ken vir die insending van hierdie nuusitem.

EERSTE SARL 5-BAND GG HELE AFRIKA SERTIFIKAAT TOEGEKEN AAN HANS KAPPETIJN, ZS6KR

Nadat hy die vereiste aantal QSL-kaarte vir kontakte in 25 Afrikalande, en een vir elk van die ses ZS-areas vir 10,15,20,40 en 80 m ingedien het, het Hans Kappetijn, ZS6KR, die heel eerste sertifikaat vir 5-band, GG, hele Afrika gewerk van die SARL se toekenningsbestuurder, Tjerk Lammers, ZS6P, ontvang.

Baie van die Afrikakontakte is tot 5 jaar gelede gemaak en hy het onlangs Besluit om te wikkel om van die verlangde ZS-kontakte te maak, wat baie moeilik onder die huidige voortplantingstoestande was.

Na versoeke op die SARL-forum, het amateurs in afdelings 1,2 3, 4 en 5 Hans gedurende die afgelope 5 maande geduldig bygestaan om op 10 en 15 m kontakte te maak, party waarvan toegeskryf kan word aan sporadiese E- en HF-meteoorspreiding.

Baie geluk aan Hans, ZS6KR, dit is wel gedaan!

MEI SE RAE NOU OP WOENSDAG 20 MEI

Die nasionale radioamateureksamendatum vir Mei 2009 is verander na 20 Mei 2009, wat op ‘n Woensdag val. Die rede vir die verandering is dat 21 Mei 2009 Hemelvaartdag is, ‘n baie belangrike dag in die Christelike geloof.

Maak asb. hierdie datum op klubvlak aan alle moontlike kandidate bekend. Die sluitingsdatum vir inskrywings word nie deur hierdie verandering geraak nie; dit bly 23 April 2009. Let asb. daarop dat geen laat inskrywings aanvaar sal word nie. Kandidate vir die RAE moet kennis neem van al die dokumentasie wat ingedien moet word. Dit kan van www.sarl.org.za verkry word. Onvolledige dokumentasie of laat inskrywings sal teruggestuur word. Vir verdere inligting kontak Mariska in die SARL-kantoor by 011 675 2393.

KUBS AANGEMOEDIG OM AAN DIE SARL SE PIB-PROGRAM DEEL TE NEEM

Klubs en belangegroepe word aangemoedig om aan die SARL se Publieke Inligtingsbeampteprogram deel te neem. Die doelwit is die bevordering van amateurradio deur die verspreiding van inligting aan die media en inligting aangaande amateurradio aan die algemene publiek. Die netwerk sal oor sy eie webblaaie beskik met baie inligting en PowerPoint-aanbiedings wat gebruik kan word by Lionsklubvergaderings of Rotariëretes of u plaaslike skool. Daar sal opleidingsessies dmv. telekonferensies gehou word en ‘n handleiding sal beskikbaar wees. Slegs twee klubs, t.w. Boland en Wes-Rand, het tot dusver aangesluit.

Volle besonderhede en ‘n registrasievorm is op die SARL se web beskikbaar. Van die nuusbladsye af gaan na ClubTalk of stuur e-pos aan armi@sarl.org.za en die inligting sal aan u gestuur word.

KOMPETISIENUUS

Die eerste been van die SARL BHF/UHF-kompetisie vind oor die naweek van 20 tot 22 Maart 2009 plaas. Daar is twee kompetisies daardie naweek, die een 'n analoogkompetisie en die ander 'n digitale kompetisie.

Die eerste sessie van die SARL BHF/UHF digitale kompetisie begin Vrydag 20 Maart om 16:00 UTC en eindig Saterdag om 12:59 UTC. Die tweede sessie begim om 13:00 UTC en eindig Sondag 22 Maart 2009om 12:00.

Deelnemers kan 'n tuisstasie, 'n veldstasie of 'n reisende stasie wees en alle goedgekeurde digitale modusse is toelaatbaar. Die roepsein en 'n ruitsubblok (6 karakters) word uitgeruil.

Die SARL BHF/UHF analoogkompetisie begin Saterdag 21 Maart om 10:00 UTC en eindig Sondag 22 Maart 2009 om 10:00 UTC. Deelname is as 'n enkel-operateur of multi-operateur en slegs FM en ESB mag gebruik word. 'n RS-verslag, roepsein en 'n 6-karakter-ruitverwysing word uitgeruil.

Die eerste been van die SARL se 80-m-QSO-geselligheid word op Donderdag 2 April 2009 vanaf 17:00 tot 20:00 UTC gehou.

Die volledige reëls vir die drie kompetisies is beskikbaar in die 2009 SARL Kompetisieboek op die HF Happeningsbladsy op www.sarl.org.za. Maak seker dit is weergawe 4 gedateer Maart 2009.

Die Antieke Draadloosvereniging se GG-aktiwiteitsdag is op 7 en 8 Februarie gehou. Die hoogste puntetelling kom van Pierre, ZS6BB, met 60 punte. Pierre het 30 kontakte op 40 en 80 m gemaak teen 1 punt elk, en dit verdubbel deurdat hy QRP gewerk het. Tweede is Pieter, ZS3AOR, met 18 punte gevolg deur Jan, ZS4JAN, met 17 punte. Daar was 28 deelnemers, en die meeste kontakte is op 40 meter gemaak. Charles, ZS1CF, is aangewys as die operateur wat die beste GG tydens die aktiwiteit gestuur het. Baie geluk aan almal wat tyd ingeruim het om aan die aktiwiteit deel te neem.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen kalm wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

Die hoeveelheid energie van die son wat die Suidelike ionosfeer bereik, is besig om af te neem met die seisoensverandering wat eersdaags gaan plaasvind. Dit het reeds 'n merkbare effek op die HF-toestande. 15 en 20 m is nog steeds die beste keuse vir DX met moontlike 15 m-openinge na Indië vanaf 14:00 SAT gevolg deur 20 m om 17:00.

Kontakte met Nieu-Seeland gaan baie uitdagend wees. Om 07:00 is daar moontlike 20-m-openinge na Australië. Kontakte met Peru is onwaarskynlik. Brasilië kan waarskynlik op 15 m vanaf 14:00 tot 18:00 gewerk word. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike 15-m-openinge na Europa wat deur kort 20-m-openinge om 18:00 gevolg gaan word. Kort, flou kontakte met die VSA se ooskus is op 15 m om 19:00 moontlik.

10 MHz lyk laatmiddag en na sononder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6, te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS1 lewer. Met die winter op pad maak 20 m reg om te gaan slaap.

Saans is 80 m die beste keuse. Die donderstorms en statiese ontladingsgeraas kan dinge bietjie uitdagend maak.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou aangenaam kan verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

14 en 15 Maart – RSGB-Gemenebeskompetisie;
20 Maart – Sluitingsdatum vir S21 Maart – BACAR-lansering;
21 en 22 Maart – SARL se BHF-/UHF-kompetisies;
2 April – Eeerste been van die SARL 80-m-QSO-geselligheid;
18 April – Węreldamateurradiodag, en
24-26 April – SARL se Nasionale Konvensie in Kaapstad.

SARL-nuus nooi klubs en individue om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel en deur Hester van der Walt geredigeer is.

Dankie dat u geluister het. 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003